Wednesday, March 11, 2009

Wat?! Hoe?! Onmoontlik!!!


Wat sal ek sê?! Hoe sal ek hierdie een begin?! Dalk is Izak se "...wat is die kans?!" 'n goeie plek om weg te spring.

Man kyk, een ding is seker: Ons Vader hoor sy kinders se gebede en Sy genade is wyer as enige-iets wat ons klein koppies ooit kan bedink!

Julle weet almal maar te goed van die knoop waarin ek en Bella onsself die laaste tyd bevind het. Die verskeidenheid terugvoer en e-posse wat ons van julle ontvang het was 'n goeie vertolking van wat in ons eie gedagtes aan die maal was. Sommige van julle het van begin tot einde sterk aangemoedig terwyl ander probeer troos het met "...miskien is dit 'n teken dat dinge nie so moes uitwerk nie.". Alhoewel ek en Bella kan getuig dat ons die grootste gedeelte van die pad rustig en geduldig gewag het, moet ons erken dat daar maar dikwels baie rowwe patches was.

Ek het veral hier teen die ent begin worstel met my eie sondigheid. Soos Moses het ek sterk begin twyfel of ek God reg gehoor het toe Hy my geroep het vir Sy bediening. Bybelgedeeltes soos Titus 1:6-10 het my konstant herinner hoe hoog die vereistes vir die bediening is en hoe vrot ek in my sonde daarvan afsien. Ek het begin dink dat God van plan verander het en dat my swakhede my sou diskwalifiseer om voltyds in die bediening te tree. Ek moes weer van voor af besef dat God juis weens ons absolute donker swakheid sy Seun aan die kruis moes laat sterf om ons los te koop. As dit moes afhang van hoe oulik ons ons gedra, hoe min ons drink en hoe heilig ons probeer wees sou alles 'n nare einde gehad het. Soos Paulus vir die jong Timoteus skryf:

So do not be ashamed to testify about our Lord, or ashamed of me his prisoner. But join with me in suffering for the gospel, by the power of God, who has saved us and called us to a holy life--not because of anything we have done but because of his own purpose and grace. This grace was given us in Christ Jesus before the beginning of time, but it has now been revealed through the appearing of our Savior, Christ Jesus, who has destroyed death and has brought life and immortality to light through the gospel. (2Ti 1:8-10)

Ek sou 'n totale flop gemaak het van alles as God my nie self weer die noodsaaklikheid en vreugde van Sy verlossing laat proe het nie.

Heel aan die begin, toe ek en Bella nog ons keyboards natgehuil het van verlange oor Skype en die roeping-struggles net begin het, het my pa vir ons die volgende gedeelte uit die bybel voorgehou as riglyn en troos vir ons pad (lees dit gerus!):

Onderwerp julle daarom in nederigheid aan die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die tyd wat Hy bestem het. Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle. Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur. God wat alle genade gee en wat julle geroep het om in Christus Jesus deel te hê aan sy ewige heerlikheid, sal julle, nadat julle ‘n kort tydjie gely het, self weer oprig en julle moedig, sterk en standvastig maak. Aan Hom behoort die krag tot in ewigheid! Amen. (1 Petrus 5:6-11)

Ons moes nou al meer as een keer terugval op hierdie ongelooflike belofte, meer as een keer onsself in nederigheid onderwerp aan Sy kragtige hand (en ek is tog so deksels trots en hardkoppig), meer as een keer onsself regruk om wakker en nugter te bly veg en meer as een keer die byt van die brullende leeu aan ons agterente voel...net om elke keer maar weer te moet bely dat die krag tot in ewigheid aan Hom behoort - en nie aan onsself nie - voor ons Amen sê!!!

Ek voel so aan my broek dat ons hierdie sirkel in die nabye toekoms weer sal moet loop wanneer die Griekse eksamens nader draai of Bella weer deur poison-ivy loop of so iets:)

Voor ek vergeet om die nuus te deel! Ek het eergister na 'n lang dag se voorbereiding vir die opkomende hofsaak gou die pos gaan uithaal voor ons weeklikse ultimate frisbee game EN RAAI NET WAT EK KRY!!! 'n Brief van USCIS om ons in kennis te stel dat my aansoek goedgekeur is en dat ek wettiglik hier mag vertoef solank as wat my studies duur! Ek moet nogsteeds in die hof verskyn om die saak te sluit, maar nou het ek die pampiere wat ek nodig het:-)

Ons kan nie genoeg dankie sê vir almal wat saam met ons gebid het nie. Dis soooo lekker om dit saam met julle te vier! Ons bid dat alles wat met ons gebeur het julle ook sal laat moed skep.

So op 'n ligter trant dra ons die liedjie aan die onderkant van die post op aan almal wat saam gebid en duimvasgehou het...geniet hom met komplimente van die stoffies en die Kwasizabantu koor! :)

Groete in Christus,
Jac en Bella

3 comments:

Noelle said...

woooooohooooooooOoooOOOOoOooo!!!!

Dis wonderlik. Prys die Here! Mag julle daar...en waarookal hy julle paaie heen lei Sy naam verheerlik.

Sjoe....julle kan seker darem nou weer lekker in die aande slaap :)

Ons is baie bly vir julle

xxx
Joseph, Anna-Carien en die agterstevoor-trurat-kruipende-en-glimlagende-Anna-Carien

Anonymous said...

Julle gaan wat doen!!!???

Ons is so bly vir julle!

Jac jy weet dit, maar dit is nog net die begin van groot dinge! :)

voorspoed tjommas!
Braam

Unknown said...

We rejoice with you both at this wonderful news... GOD IS GOOD... ALL THE TIME!!! Ons het die kwasizabantu koor ook baie geniet!! Dankie vir die 'intro'!! Mag julle net van sterkte tot sterkte in Sy eer gaan.

Liefde en groete,
Tony & Maryke