Saturday, July 25, 2009

Bella se besoek aan die paneelklopper

Hello julle almal,

Soos julle almal seker weet is Bella laas Woensdag bietjie na die paneelklopper (panelbeater) vir herstelwerk aan haar regter knie.

Sy vorder mooi en kan al sonder krukke ons woonstel se trappe klim - al neem dit haar ook nou 10 minute:-)

Hier is 'n paar fotos vir die wat nuuskierig is oor hoe 'n skeur in die medial meniscus nou eintlik lyk. Ek kan nie sĂȘ dat ek sin uit die spulletjie kan maak nie, maar as julle kan is ek bly. Dis darem oulik dat hulle so kan fotos neem terwyl hulle opereer.

Before:















After:















Alles het mooi geloop en die dokter belowe 'n splinternuwe knie (yesss!!! nou kan ons Half-dome in Yosemite gaan stap!).

Bella het blykbaar lekker baklei toe sy bykom...nou weet hulle hoe ek elke aand moet koes wanneer Bella nagmerries kry:)

Dankie vir almal se bemoedigende eposse en oproepe. Wat sal ons sonder julle maak?

Terloops, ek skryf komende Maandag (27 Julie) my Griekse plasingseksamen en draf klas van Dinsdag. Sal laat weet hoe dit gaan. Dis nou swot tyd!

Ons groet vir eers. Skryf gerus vir ons...dis nou makliker as ooit met die Stoffies Posbus!

Koebaai,
Jac & Bella

3 comments:

DJ said...

gross... I mean, lekker.

Noelle said...

EeeeiiiinA! Bly om te hoor jou knieg herstel. Wanneer begin jou weer werk/bestuur/ens?
Eish...en sterkte met al daai trappe. Daai kaboutertjie van ons oefen hard aan haar trappe...en haar loop. Sy staan teen die stoele op en stoot/loop so met die stoel deur die huis!
groetnis,x

Unknown said...

It looked better on the before pics! Eina!