Friday, February 26, 2010

Koningklike 28ste verjaarsdag!


Hiep hiep hoeraa,

'n Groot dankie aan almal wat van julle laat hoor het op my verjaarsdag. Julle sms'e, e-posse, Facebook boodskappe, briewe en oproepe het vreeslik baie beteken. Ek vra verskoning dat ek nie almal terug laat weet het nie.

Ek het 'n fees van 'n tyd gehad! Bella het so skelm-skelm 'n verrassingspartytjie vir my gereel. 'n Rustige braai saam met 'n paar goeie vrinne het in 'n reuse partytjie met byna 30 gaste ontaard:) Ek het amper in my broek gepiepie toe 30 vrinne my onverwags met konfettie bestook toe ek met my braaigoedjies om die hoek stap.

Dit was 'n heerlike kuier met braaivleis, lekker geselskap, jacuzzi, en 'n paar jolige siele om die kampvuur met 'n sigaartjie en goeie Scotch:)

My verjaarsdagkoek (met komplimente Genevieve Stember) was 'n reuse Stofberg-styl steak (ek dag eers dis Afrika...lekker pampoen!).

Die jare stap aan jong. Een van die dae is ek dertig:)

Groete,
Jac en Bella

No comments: