Saturday, February 28, 2009

Birthday Beach Bash








Na sy Jac vir Swing Dancing klasse geneem het op sy verjaarsdag het Bella hom verder verras met 'n vier dag kamp-trip na 'n stuk ongerepte kuslyn 5 ure noord van Escondido. Hy was so in sy noppies met die plek dat hy dit so waar as vet met sy gunsteling strand in Suid Afrika - die hoogaangeskrewe Buffies - vergelyk het:)

Hoogtepunte:

1. 'n Daglange trek so al kuslangs met byna nie 'n siel te vinde die heel pad nie - nogal 'n rare ervaring na 'n smakie van die oorbedrywige Suid Kaliforniese (So-Cal) strande. Die kroonprins van ons stappie was 'n "mermaid's purse" met 'n lewendige haaitjie binne-in. Dis nou vir jou 'n rare besigheid!

2. Le en luiwees in die natuurlike warmwaterbronne (Gaviota Hotsprings) wat so lekker sterk vrot-eier-poep-reukie afgee wat jou so reg tussen die oe slaan maar blykbaar baie goed is vir jou vel - dis nou as jy nie uitpass en versuip nie:) Na ons swawelbad is ons die bitter taai (3 myl) opdraande uit na Gaviota Peak met sy ongelooflike uitsig van die sentrale kuslyn.

3. Ons aanskou die lansering van 'n NASA Taurus XL vuurpyl in die vroegoggend koue (1:51am) van die strand. Ons het later uitgevind dat die peperduur sateliet kort na sy lansering vanaf die Vandenberg lugmagbasis in die see naby Antartika neergstort het:(

4. Behalwe vir die verskeindenheid flippen interessante klippers wat ons op die strand opgetel het is Bella se gunsteling souvenir 'n lelike "poison oak bite" wat sy nou op haar voorarm dra. Elke keer as sy haar arm wil afkrap - of sommer afsaag - gedurende 'n intense jeukbui, herinner dit haar maar net dat alhoewel uitkamp altyd die moeitewerd is, hy altyd sy tol eis!

Cheers vir eers,

Bella (& Jac)