Friday, February 26, 2010

Koningklike 28ste verjaarsdag!


Hiep hiep hoeraa,

'n Groot dankie aan almal wat van julle laat hoor het op my verjaarsdag. Julle sms'e, e-posse, Facebook boodskappe, briewe en oproepe het vreeslik baie beteken. Ek vra verskoning dat ek nie almal terug laat weet het nie.

Ek het 'n fees van 'n tyd gehad! Bella het so skelm-skelm 'n verrassingspartytjie vir my gereel. 'n Rustige braai saam met 'n paar goeie vrinne het in 'n reuse partytjie met byna 30 gaste ontaard:) Ek het amper in my broek gepiepie toe 30 vrinne my onverwags met konfettie bestook toe ek met my braaigoedjies om die hoek stap.

Dit was 'n heerlike kuier met braaivleis, lekker geselskap, jacuzzi, en 'n paar jolige siele om die kampvuur met 'n sigaartjie en goeie Scotch:)

My verjaarsdagkoek (met komplimente Genevieve Stember) was 'n reuse Stofberg-styl steak (ek dag eers dis Afrika...lekker pampoen!).

Die jare stap aan jong. Een van die dae is ek dertig:)

Groete,
Jac en Bella

Thursday, February 11, 2010

Ons leef nog!

Howzit,

Net se ons leef nog!!! Ons laat julle maar erg in die donker met ons karige, ses-maandelikse nuusbrokkies:)

Daar is soveel nuus dat ek myself maar gaan beperk tot wat ek in 20 minute kan cover, so hou maar vas aan julle stoele.

#1 Bella is uiteindelik 'n volbloed Stofberg! Met haar aansoek vir Amerikaanse burgerskap kon sy uiteindelik haar van verander....hoogtyd!

#2 Bella het haar Amerikaanse burgerskap verwerf en ons dramas met die immigrasiekantoor is skynbaar verby. Ek is besig om aansoek te doen vir 'n groenkaart sodat ek sonder moeilikheid die VSA kan verlaat en binnekom. Ek sal elkgeval moontlik deeltyds moet werk hierdie kant om die druk van Seminary onkoste op Bella so effens te verlig. Bella se burgerskap maak verseker deure oop wat handig te pas sal kom.

#3 Ons kom Junie-Julie vir julle kuier. Ons vliegkaartjies is geboek en ons hoop om julle almal te siene te kry. Hou maar die kole reg (jinne ek mis Castle Lager en biltong ook) :-)

#4 Ek het intussen twee semesters agter die rug en my punte lyk heel goed. Ek vaar sover nog die beste met die Grieks en met Grieks 3 agter die blad is Grieks 4 die laaste hekkie wat voorle. Ek kan onmoontlik nie beskryf wat die afgelope semester se studies vir my beteken het nie. My wereld is totaal op sy kop gekeer. Ek sou nooit kon raai hoe ryk en diep God se raadsplan is nie. Daardie ou jeugsangbundel lied, "O diepte van die wysheid en kennis van God", kry nou nuwe gestalte. Elke dag bring beslis nuwe waardering vir daardie ongelooflike goeie nuus!

#5 Ons het 'n hele katoetie nuwe fotos opgelaai van ons avonture. Geniet hulle!

#6 Bella het vir die laaste halfjaar of wat twee beroepe gevolg. Sy het 'n skof by haar hospitaal laat val om deeltyds "clinical instruction" vir Oklahoma University te doen. Behalwe vir clinical instruction het Oklahoma haar ook 'n kans gegee om haar lyf dosent te hou. Sy geniet die odd lesing wat sy moet gee vreeslik. Die studente dink sy is great en swaai haar lof toe van al die kante (lyk my sy is geroep as dosent). Hierdie opset het tegelyk haar spanning by Rady's verlig en vir goeie ervaring en 'n bietjie afwisseling in haar roetine gesorg. Sy kan ongelukkig net aanhou in daardie lyn mits sy haar meestersgraad in verpleging kry, so ons aanvaar dat die geleenthede later hierdie jaar sal droogloop ~ Jy gaan dalk moet werk soek Jacman:).

#7 Ek en Bella het ons eerste tree gegee om prakties in die bediening betrokke te raak hierdie kant. Ons is op die oomblik in beheer van die tienergroep van ons tuisgemeente. Dis goed vir ons om 'n slag ons gemaksone bietjie te tart. Ons eerste aflewering was "What is Truth?" en ons het groot pret gehad met 'n "shocking lie detector". Dit is 'n reuse uitdaging om materiaal voor te berei op so 'n vlak dat dit lekker met die jongmense insink.

#8 Bella se knieg is weer gesond en dis rerig lekker om 'n slag weer saam uit te kom en die menigte staproetes in ons omgewing aan te durf. Sy het selfs nou die dag 'n Ultimate Frisbee game saam met die manne gewaag en 'n paar van hulle ore aangesit:-)

Dankie vir al die terugvoer daar uit Suid Afrika. Ten spyte van goeie vriende in die VSA dink ons dikwels hoe lekker dit gaan wees om ons voete weer op Suid Afrikaanse grond te he. Drie en 'n half jaar om te gaan voel soms nogal lank, maar die mission maak dit die moeitewerd.

Grootte groete,
Jac en Bella