Wednesday, December 22, 2010

Boerewors in Escondido:)

Hi daar almal,

Die eksamens is eindelik agter die rug, en dit het Jac net die nodige blaaskansie gegee om uiteindelik sy worsstopper te 'test drive':) Nogal 'n gespook die eerste keer wat mens wors maak, maar die proses is nou getreamline. Volgende keer gaan dit sommer klopdisselboom gaan.

Hoop die fotos maak julle monde water en laat julle daar in S.A. besef wat julle het. Pap en boerewors val definitief nie uit die lug hier in Amerika nie.

Groete en liefde,
Jac en Bella



Tuesday, December 21, 2010

Geseende Kersfees!!!

Click to play this Smilebox greeting
Create your own greeting - Powered by Smilebox
This free digital greeting card generated with Smilebox

Wednesday, August 18, 2010

Nuwe Ontwerp vir 'n Nuwe Semester...

Hello almal,

Welkom by ons nuwe weergawe van die blog. Mens kry mos so nou en dan lus om 'n nuwe haarstyl te probeer of jou kar 'n ander kleur groen te verf...wel, hierdie blog is deur 'n bulletjie van 'n makeover. Hoop julle geniet hom!

Die laaste twee weke het 'n hele boel verwikkelinge die lig gesien hier by die Stoffies. My nuwe groenkaart het 'n gespook en gespartel afgegee om deeltydse werk te vind, sodat ek ten minste die juk van my studies van Bella se skouers kan afhaal. Starbucks en Home Depot het nooit laat weet nie, maar daar val toe sommer twee ander joppies uit die lug. Ek werk nou by die seminary as 'n tegniese assistent om met hulle 'New Media Initiative' te help. Dis lekker werk wat darem op 'n tegniese vlak genot verskaf. Ek redigeer klankbane wat op die web uitgesaai word en hoop om een van die dae webbladsye vir 'smart phones' te ontwikkel. My joppie by die seminary is deels verantwoordelik vir al die links na uitsendings en ander godsdienstige media op ons nuwe blog. Ek gee ook so tussendeur vir my buurman rekenaarklasse wat hom hopelik sal help om sy besigheid meer effektief te bestuur. Hy is nogal erg sieklik en julle gebede sal waardeer word.

Bella begin die einde van die maand klasdraf en sien baie uit. Sy wil oor die loop van die volgende twee en 'n half jaar haar meestersgraad in verpleging by Long Beach University klaarmaak. Dit sal haar in staat stel om geleidelik oor te skakel na 'n onderwys posisie wat verband hou met haar drome vir Suid Afrika.

Dis egter nie al verandering wat Bella in die volgende rukkie moet sluk nie. Sy het besluit om na die intensiewe eenheid (PICU) te verskuif nadat haar eenheid (IMU) by die hospitaal skielik kennis gegee het dat hulle heelwat gaan afskaal in personeel. Sy het die afgelope paar weke met opleiding begin en sal in die volgende rukkie die skuif maak. Al die nuwe dinge wat sy leer het haar behoorlik opgewonde, maar die skuif gaan natuurlik ook gepaard met 'n paar skoenlappers in die maag.

Julle wonder seker oor die prentjie van die worsstopper met hierdie post. Ons het sopas 'n 11lb worsstopper aangeskaf sodat ons weer aan die boerewors wat ons so mis kan smul. Ons het lekker resepte van Oupa Plaas en van die familie gekry. As dit lekker werk sal ek dalk sommer 'n stalletjie met boerewors by die boeremark in Escondido opsit. Ek reken dit sal 'n treffer wees:)

Julle sal trots wees op die manier wat ons Suid Afrikaanse resepte takel. Alles wat ons mis, die maak ons. Ek het onlangs my eerste potjie rabarber gemaak en dit was heerlik. Ons het ook onlangs 'n groot gasbraaier tot die familie verwelkom. Ons spog nou met nie minder as vier braaiers, elk met sy eie nus. Een vir vleis rook, een groot braaier vir potjiekos en vleis, een klein braaier vir kamp en ekstra potjiekos kole, en laastens die gasbraaier vir groente. Lekker ne?!

Dankie vir almal se ondersteuning. Ons mis baie van julle daar in Suid Afrika, maar ons weet ook dat drie jaar verby is voor ons ons oë kan uitvee. Stuur 'seblief so nou en dan 'n epossie om te se hoe dit gaan.

Hierdie semester gaan 'n grote wees. Ons hou maar aan ons stoele vas tot volgende keer:)

Groetnis,
Die Stoffies



Tuesday, August 10, 2010

Logos Studie-beurs. Doen nou aansoek!

Going to Seminary is expensive. On top of that, finding a scholarship can be really difficult. That's why I was so excited to find this Seminary Scholarship website today. Not only are they giving away a $1,000.00 scholarship and a digital theological library, all I had to do to apply was watch a short video and answer a few questions! It took less than 15 minutes. What is best of all is that if you're in seminary and apply for the Seminary Scholarship, and put my name as the person who referred you, if you win the scholarship, so do I! We could both get a $1,000.00 scholarship and digital theological library. So, do us both a favor and go apply for the Seminary Scholarship today.

Thursday, July 22, 2010

Lekker in Suid Afrika!!! Oos-Wes-Tuis-Bes



Haai almal,

Ons het 'n ongelooflike tyd in Suid Afrika gehad. So lekker gewees om al ons vrinne en familie te sien. Baie dankie vir almal wat ons so gasvry ontvang het en vir al die moeite, tyd en geld wat julle bestee het om ons trip lekker te maak. Dis nogal jammer dat ons nie by almal kon uitkom nie...ons hoop julle verstaan die beperkinge van so 'n toer.

Om al die fotos te sien kliek hier: *** STOFFIES ALBUM ***

Geniet hulle!

Jac & Bella

ps: 'n Groot dankie aan al ons vriende in Amerika vir die warm tuiskoms:)

Friday, February 26, 2010

Koningklike 28ste verjaarsdag!


Hiep hiep hoeraa,

'n Groot dankie aan almal wat van julle laat hoor het op my verjaarsdag. Julle sms'e, e-posse, Facebook boodskappe, briewe en oproepe het vreeslik baie beteken. Ek vra verskoning dat ek nie almal terug laat weet het nie.

Ek het 'n fees van 'n tyd gehad! Bella het so skelm-skelm 'n verrassingspartytjie vir my gereel. 'n Rustige braai saam met 'n paar goeie vrinne het in 'n reuse partytjie met byna 30 gaste ontaard:) Ek het amper in my broek gepiepie toe 30 vrinne my onverwags met konfettie bestook toe ek met my braaigoedjies om die hoek stap.

Dit was 'n heerlike kuier met braaivleis, lekker geselskap, jacuzzi, en 'n paar jolige siele om die kampvuur met 'n sigaartjie en goeie Scotch:)

My verjaarsdagkoek (met komplimente Genevieve Stember) was 'n reuse Stofberg-styl steak (ek dag eers dis Afrika...lekker pampoen!).

Die jare stap aan jong. Een van die dae is ek dertig:)

Groete,
Jac en Bella

Thursday, February 11, 2010

Ons leef nog!

Howzit,

Net se ons leef nog!!! Ons laat julle maar erg in die donker met ons karige, ses-maandelikse nuusbrokkies:)

Daar is soveel nuus dat ek myself maar gaan beperk tot wat ek in 20 minute kan cover, so hou maar vas aan julle stoele.

#1 Bella is uiteindelik 'n volbloed Stofberg! Met haar aansoek vir Amerikaanse burgerskap kon sy uiteindelik haar van verander....hoogtyd!

#2 Bella het haar Amerikaanse burgerskap verwerf en ons dramas met die immigrasiekantoor is skynbaar verby. Ek is besig om aansoek te doen vir 'n groenkaart sodat ek sonder moeilikheid die VSA kan verlaat en binnekom. Ek sal elkgeval moontlik deeltyds moet werk hierdie kant om die druk van Seminary onkoste op Bella so effens te verlig. Bella se burgerskap maak verseker deure oop wat handig te pas sal kom.

#3 Ons kom Junie-Julie vir julle kuier. Ons vliegkaartjies is geboek en ons hoop om julle almal te siene te kry. Hou maar die kole reg (jinne ek mis Castle Lager en biltong ook) :-)

#4 Ek het intussen twee semesters agter die rug en my punte lyk heel goed. Ek vaar sover nog die beste met die Grieks en met Grieks 3 agter die blad is Grieks 4 die laaste hekkie wat voorle. Ek kan onmoontlik nie beskryf wat die afgelope semester se studies vir my beteken het nie. My wereld is totaal op sy kop gekeer. Ek sou nooit kon raai hoe ryk en diep God se raadsplan is nie. Daardie ou jeugsangbundel lied, "O diepte van die wysheid en kennis van God", kry nou nuwe gestalte. Elke dag bring beslis nuwe waardering vir daardie ongelooflike goeie nuus!

#5 Ons het 'n hele katoetie nuwe fotos opgelaai van ons avonture. Geniet hulle!

#6 Bella het vir die laaste halfjaar of wat twee beroepe gevolg. Sy het 'n skof by haar hospitaal laat val om deeltyds "clinical instruction" vir Oklahoma University te doen. Behalwe vir clinical instruction het Oklahoma haar ook 'n kans gegee om haar lyf dosent te hou. Sy geniet die odd lesing wat sy moet gee vreeslik. Die studente dink sy is great en swaai haar lof toe van al die kante (lyk my sy is geroep as dosent). Hierdie opset het tegelyk haar spanning by Rady's verlig en vir goeie ervaring en 'n bietjie afwisseling in haar roetine gesorg. Sy kan ongelukkig net aanhou in daardie lyn mits sy haar meestersgraad in verpleging kry, so ons aanvaar dat die geleenthede later hierdie jaar sal droogloop ~ Jy gaan dalk moet werk soek Jacman:).

#7 Ek en Bella het ons eerste tree gegee om prakties in die bediening betrokke te raak hierdie kant. Ons is op die oomblik in beheer van die tienergroep van ons tuisgemeente. Dis goed vir ons om 'n slag ons gemaksone bietjie te tart. Ons eerste aflewering was "What is Truth?" en ons het groot pret gehad met 'n "shocking lie detector". Dit is 'n reuse uitdaging om materiaal voor te berei op so 'n vlak dat dit lekker met die jongmense insink.

#8 Bella se knieg is weer gesond en dis rerig lekker om 'n slag weer saam uit te kom en die menigte staproetes in ons omgewing aan te durf. Sy het selfs nou die dag 'n Ultimate Frisbee game saam met die manne gewaag en 'n paar van hulle ore aangesit:-)

Dankie vir al die terugvoer daar uit Suid Afrika. Ten spyte van goeie vriende in die VSA dink ons dikwels hoe lekker dit gaan wees om ons voete weer op Suid Afrikaanse grond te he. Drie en 'n half jaar om te gaan voel soms nogal lank, maar die mission maak dit die moeitewerd.

Grootte groete,
Jac en Bella