Wednesday, August 18, 2010

Nuwe Ontwerp vir 'n Nuwe Semester...

Hello almal,

Welkom by ons nuwe weergawe van die blog. Mens kry mos so nou en dan lus om 'n nuwe haarstyl te probeer of jou kar 'n ander kleur groen te verf...wel, hierdie blog is deur 'n bulletjie van 'n makeover. Hoop julle geniet hom!

Die laaste twee weke het 'n hele boel verwikkelinge die lig gesien hier by die Stoffies. My nuwe groenkaart het 'n gespook en gespartel afgegee om deeltydse werk te vind, sodat ek ten minste die juk van my studies van Bella se skouers kan afhaal. Starbucks en Home Depot het nooit laat weet nie, maar daar val toe sommer twee ander joppies uit die lug. Ek werk nou by die seminary as 'n tegniese assistent om met hulle 'New Media Initiative' te help. Dis lekker werk wat darem op 'n tegniese vlak genot verskaf. Ek redigeer klankbane wat op die web uitgesaai word en hoop om een van die dae webbladsye vir 'smart phones' te ontwikkel. My joppie by die seminary is deels verantwoordelik vir al die links na uitsendings en ander godsdienstige media op ons nuwe blog. Ek gee ook so tussendeur vir my buurman rekenaarklasse wat hom hopelik sal help om sy besigheid meer effektief te bestuur. Hy is nogal erg sieklik en julle gebede sal waardeer word.

Bella begin die einde van die maand klasdraf en sien baie uit. Sy wil oor die loop van die volgende twee en 'n half jaar haar meestersgraad in verpleging by Long Beach University klaarmaak. Dit sal haar in staat stel om geleidelik oor te skakel na 'n onderwys posisie wat verband hou met haar drome vir Suid Afrika.

Dis egter nie al verandering wat Bella in die volgende rukkie moet sluk nie. Sy het besluit om na die intensiewe eenheid (PICU) te verskuif nadat haar eenheid (IMU) by die hospitaal skielik kennis gegee het dat hulle heelwat gaan afskaal in personeel. Sy het die afgelope paar weke met opleiding begin en sal in die volgende rukkie die skuif maak. Al die nuwe dinge wat sy leer het haar behoorlik opgewonde, maar die skuif gaan natuurlik ook gepaard met 'n paar skoenlappers in die maag.

Julle wonder seker oor die prentjie van die worsstopper met hierdie post. Ons het sopas 'n 11lb worsstopper aangeskaf sodat ons weer aan die boerewors wat ons so mis kan smul. Ons het lekker resepte van Oupa Plaas en van die familie gekry. As dit lekker werk sal ek dalk sommer 'n stalletjie met boerewors by die boeremark in Escondido opsit. Ek reken dit sal 'n treffer wees:)

Julle sal trots wees op die manier wat ons Suid Afrikaanse resepte takel. Alles wat ons mis, die maak ons. Ek het onlangs my eerste potjie rabarber gemaak en dit was heerlik. Ons het ook onlangs 'n groot gasbraaier tot die familie verwelkom. Ons spog nou met nie minder as vier braaiers, elk met sy eie nus. Een vir vleis rook, een groot braaier vir potjiekos en vleis, een klein braaier vir kamp en ekstra potjiekos kole, en laastens die gasbraaier vir groente. Lekker ne?!

Dankie vir almal se ondersteuning. Ons mis baie van julle daar in Suid Afrika, maar ons weet ook dat drie jaar verby is voor ons ons oë kan uitvee. Stuur 'seblief so nou en dan 'n epossie om te se hoe dit gaan.

Hierdie semester gaan 'n grote wees. Ons hou maar aan ons stoele vas tot volgende keer:)

Groetnis,
Die Stoffies



Tuesday, August 10, 2010

Logos Studie-beurs. Doen nou aansoek!

Going to Seminary is expensive. On top of that, finding a scholarship can be really difficult. That's why I was so excited to find this Seminary Scholarship website today. Not only are they giving away a $1,000.00 scholarship and a digital theological library, all I had to do to apply was watch a short video and answer a few questions! It took less than 15 minutes. What is best of all is that if you're in seminary and apply for the Seminary Scholarship, and put my name as the person who referred you, if you win the scholarship, so do I! We could both get a $1,000.00 scholarship and digital theological library. So, do us both a favor and go apply for the Seminary Scholarship today.