'n Groot hello aan al ons vrinne en familie hier van die anderkant van die groot blou ghoen uit Escondido California.
Ons het besluit om maar vir 'n rukkie hier in Amerika te vertoef, want vir so 'n vlug sien ons boude nie gou weer kans nie:)
In 'n neutedop...
(1) Rump-steak (Top-Sirloin soos hy hier bekend staan) is een van die goedkoper snitte in Amerika en dit pas ons uitstekend:)
(2) Houtskool is nerens te vinde en ons moes maar afskaal na brikette totdat Jac se 100 ton besending charcoal met die skip uit Suid Afrika aanland.
(3) Ons bly vir nou in 'n knus klein studiotjie met die voordeel dat jy gelyk kan slaap, op die toilet sit en aandete voorberei. Die pad wat voor die woonstel verby loop gaan oral heen, behalwe see toe:)
(4) Bella werk dat die byle huil met haar twaalf uur skofte, maar sy kan darem nog loop en glimlag wanneer sy in die aande by die huis kom.
(5) Jac spook nog om die wa deur die drif te kry met visa probleme, maar God het al so baie van ons grondpaaie geteer dat ons nie anders kan as om die wereld met moed in die oe te kyk nie. Die visa probleme sal darem seer sekerlik makliker wees om uit te sorteer as my ABSA internet bankdienste:)
(6) Westminster kampus is 'n stukkie rustige hemel en die mense het ons sommer vinnig laat tuis voel by die kerdiens wat hulle Sondae by die chapel op kampus hou.
(7) Ons bly 'n skrale 20 myl van die see af en by ons gunsteling strand (Encinitas) is daar groot braaiputte en hang die seesproei lekker in die lug soos in Buffelsbaai.
(8) Een van ons nuwe huisreels is om Sondae toetentaal af te vat en die honderde staproetes langs die see en in die berge rondom ons te verken. Die plekke hier is pragtig!
Ons sien uit om van almal te hoor en waardeer al julle hulp en gebede to dusver verskriklik.
Adios,
Jac en Bella
7 comments:
Jaaaa man. Nou is dit weer so asof julle nog net hier by ons is!
Dis goed om te hoor hoe dit met julle gaan!
Hi Stoffies!
Pragtig om van julle to hoor!
(ek het dit toe regekry om te blog - sonder die 'computer tekkie'- they sure make these innovations seriously user-friendly!!!)
Hi Jac,
Cool man. Klink of julle die 'avontuur' geniet. Lekker gewees om dit te lees:)
Hi julle,
Dis lekker om van julle te hoor! Sterkte met alles daardie kant!
Joseph
Hickory dickory dock,is daai ding langs Bella 'n pop?Dink die VSA doen iets anni kop want dit lyk nogal verspot...ha ha,jokes!Asomeness,Ek gaan mar na julle foto's moet kyk want die VSA is te ryk.Ek sou mos da inni land kom draai mar die wisselkoers het my biejtie gesnaai...ha ha.Hoop dit gan nog goed want die somer hier loop sos soet koek.Goeies julle,geniet hom!!
Jongsus ;-)
Hi hey kwagga!! Dit lyk baie cool en dit klink somer asof julle julle gate uit geniet!! Hoop jy leer die mense hoe om n goeie vuur te maak en die reels van ordentlik BRAAI.... natuurlik sonder oom Ricky!!
Lekker bly en keep the Faith!!
Sharies!!
Haai julle tweetjies!!
So goed om te hoor hoe julle vaar!! Die nuus van jou beurs is 'awesome'!!! GOD IS GOOD!!! Jac, Anthony pak die ander dag sy boeke weg en het gewonder hoe jy toe gevaar het met jou Toefl toets???
Julle moet mooi bly! Baie liefde! xx
Post a Comment